Hartenbos Rivier Forum

  1. Die rivier word tans ‘bestuur’ deur die Hartenbos Rivierforum (HRF), ‘n nie-statutêre liggaam wat deur die Munisipaliteit en Departement van Omgewingsake direk aan die Minister rapporteer.  Hoewel ons raadgewend is en geen ‘handelingsbevoegdheid’ het nie, is die kanaal na boontoe oop vir ons.  Hulle luister BESLIS as die HRF praat.
  2. Die HRF is gestig in 2017 deur naasliggende belanghebbendes (waarvan Appie Maas, HVHV en ATKV ook deel uitmaak) tesame met oewerbewoners hoër op weerskante van rivier.
  3. Die doel van die HRF is om die Minister van Omgewingsake met raad te bedien oor die toestand van die Hartenbos Rivier.  Ons sukses is direk hieraan toe te skryf – Klein-en Grootbrakrivier se forums spartel nog en vorder feitlik nie.
  4. Die HRF werk in noue samewerking met die Mosselbaai Munisipaliteit as 3de vlak van Regering, wat ons deurlopend ondersteun en alle koste van sporadiese meganiese oopmaak dra.
  5. Die ‘beheer’ van die rivier val primêr onder die Provinsiale Minister van Omgewingsake, as 2de vlak van regering.  (Die Munisipaliteit moes dus elke slag toestemming van Departement van Omgewingsake kry voor enige inmenging by toestand van rivier).  Onder die Nasionale Waterwet word die Hartenbosrivier steeds gesoneer as ‘recreational activity’.  Dis iets waaroor ons noulettend waak, veral die loslaat van gesuiwerde rioolwater.  Ons toets een maal per week self die gehalte van die water, wat aan ‘veilige’ gesondheidstandaarde moet voldoen, aangesien dit dus primer as ontspannings (swem) -plek moet dien.  (Veral moeders met peuters geniet die effe warmer en veiliger vlak water van die rivier baie).
  6. Ons, saam met Munisipaliteit, het aanvanklik baie koppe gestamp met die Departement van Omgewingsake, omdat hulle maar ‘traag’ was om toestemming te gee vir die oopmaak van die rivier.  Iets wat sporadies nodig is anders ‘vervars die rivier (dis dan wanneer die muggies en muskiete so in die vars water floreer – iets wat lede langs rivier so verpes het in 2017/18.)  Die sporadiese inspoel van sout seewater is essensieel vir die gesonde semi-sout ekologiese balans van die riviere en die biotiese lewe daarbinne.
  7. Wat was Departement van Omgewingsake se ‘probleem’ met ons?:
    7.1Hulle wou hê rivier moes self oopspoel (onmoontlik wat hulle met drone gewys op 8 onwettige obstruksies deur oewerbewoners hoër op wat D v Omgewingsake nalaat om aan te spreek),
    7.2 Toe wou hulle buffels inbring om fluitjiesriete op te vreet. (onmoontlik want geen grensdrade binne rivier nie),
    7.3 Toe wou hulle ‘grasvretende barbers’ uit Amasone invoer om die rivier hoër op ‘’oop te vreet’ (onmoontlik want geen beheer oor die ‘indringer spesie’ nie.
    7.4 Hulle was, en is steeds, nie  bereid om die talle motorwrakke wat vroeër gestort is in die rivier bokant laagwaterbruggie op te ruim nie.
  8. Ons het ons toe beroep op die Nasionale Omgewingbewaringswet van 1992 (vernuwe in 2008) en versoek vir die opstel van die nodige kriteria’s vir suksesvolle implimentering van die Mouth Breaching Plan(MBP) en Mouth Management Plan (MMP) soos vervat in die Wet.
  9. Die HRF het toe kriteria vir die MBP en die MMP, saam met die Mos. Mun., opgestel en deurgestuur na die D v O se Streekkantoor in George.
  10. Toe hulle na meer as 6 maande nog nie reageer hierop nie, het ons hul Direkteur aangekla by Min v Omgewingsake.  Daarna het wiele begin rol en MOES hulle dit aanvaar. Dit het ons self ‘besluitnemingsmagte’ gegee. Vorentoe sou ons , deur Mun. hulle net IN KENNIS STEL i.p.v. TOESTEMMING te vra, voor ons optree.  In praktyk BESTUUR ons dus nou self die rivier!!!!
  11. Die kriteria soos (hoogte van water onder treinbrug gemeet, kleur, reuk van water, visse wat lug hap a.g.v te min suurstof, ens. ens.) is alles kriteria wat ons kon inskryf.  As ons waarneem EEN kriteria is in gedrang, skakel ons dadelik die Mun. om op te tree.  Het dus NIE meer D v O se ‘toestemming’ nodig nie.  Mun. reageer altyd feitlik onmiddelik hierop.
  12. Gevolglik MONITEER/BESTUUR ons die toestand van die rivier deurlopend en kan ons VOORTYDIG/betyds optree as ons gevaartekens waarneem.
  13. Die HVHV het in 2019-2021 elke jr R5 000 aan die HRF bewillig waarmee hulle, saam met private skenkings, ‘n eie toetsapparaat kon aankoop om WEEKLIKS die toestand van die gesuiwerde rioolwater te moniteer. Glo my vir die laaste 2/3 jr hou dit die amptenare by die Rioolwerke deeglik op hul tone. Hulle weet nooit wanneer ons toets nie. (Ek weet nie of daar in die HVHV se huidige begroting weer hiervoor voorsiening gemaak is nie.)  Indien nie, gaan tog asb voort hiermee.
  14. GEVOLGE/UITKOMSTE hiervan:
    14.1 Die watergehalte is tans suiwer en DRINKBAAR. Dus veilig vir swem, speel, ens. Hoera hiervoor!!!!
    14.2 Die swaar metale (mangaan, fosfate, yster, ens.) wat afsak bodem toe, gee die swart kleur aan die ‘’vloer’, maar is nie ‘giftig’ vir menslike gebruik nie.  Dit dien as ‘poeding’ (hoë gehalte voedsel) vir vele spesies.  Met laaste vistelling deur Dept Seevissery 2021 was daar 18 spesies in Hartenbosrivier teenoor 15 in die oop Klein Brakrivier en die 13 in die Groot Brak Estuarie.  (Ons rivier is dus die ‘skoonste’.  Die talrykste spesie tans in ons rivier is TONGVISSE.  Hulle is selde voorheen hier gewaar nie.  Die swaar metale is vir hulle as bodemvreters uitstekende voedsel. Trouens volgens Seevissery dien Hartenbos rivier tans as een van die hoofbroeiplekke vir tongvisse langs ons Suidkus.
    14.3 Die sporadiese oopmaak van die mond (nou gemiddeld een x elke 3 maande (voorheen was dit elke maand) is die berm (hoë sandwal by mond) sodanig weggewerk dat ons minder kan oopmaak. Die breër opening laat die see tydens hoogwater self inspoel en ook vinniger sout seewater inbring.  A.g.v hul groter digtheid dring die sout water onder die vars water in en ‘stoot’ lg. opwaarts dat hulle ook vinniger bolangs laat uitvloei. Met die laaste oopmaak (saam met Springgety) het die ‘blouerige’ seewater 3km tot bokant die N1 opgestoot.  Tot groot vreugde van die oewerbewoners daar het talryke seevoëls in bolope baljaar onder die kleiner vissies daar. Iets wat jare laas waargeneem kon word,…en die flaminke het dadelik teruggekeer. Hoe hulle dit so gou weet is vir my nog altyd duister.
    14.4 Die muggieprobleem is heeltemal opgelos aangesien ons die water in semi-sout toestand probeer hou.  (Muggies en muskiete hou nie van sout water nie).  Ons waak egter hierteen!!!!!!
    14.5 Die sporadiese vrektes van visse kom soms wel voor, maar dis a.g.v menslike foute soos die beskadiging van pomp (2019) by Rioolwerke.
    14.6 Die effe ’klankie’ wat oewerbewoners soms optel is a.g.v die opgebruik van die suurstof in die water deur die vinnige groei van alge wat dan vrot in die water en dan die ‘klankie’ afgee.  Dis nie ‘giftig’ nie, hoewel visse dan soms lug hap om suurstof te kry. (Dis ook een van ons tekens om op te tree).
    14.7 Gevolge hiervan is nou weer dat sagte koraal oral op die rivierbodem begin groei, alles deel van ‘n gesonde eko-sisteem. Dis iets wat voorheen ondenkbaar was in die rivier en met laagwater vele navrae uitlok as “Wat is die ‘wollerige hopies’ wat nou in die rivier waarneembaar is?”  Dis die eerste element en basiese bousteen van ‘n gesonde (water)- voedselketting.
    14.8 Die laaste meganiese oopmaak (altyd is harmonie met sleurstrome in see wat sand ooswaarts verplaas en keer dat mond so gou weer toespoel) was so suksesvol dat rivier nou al vir byna 3 weke natuurlik oop bly.  D.w.s met elke hoogwater vloei seewater in rivier op en met elke laagwater vloei rivierwater uit. So migreer klein/jong visse ook seewaarts en groot visse (kabeljoue/elwe) gebruik die inkomende gety om kuit te skiet in rivier waar kleier vissies beter beskerming kry om uit te groei in vlakker water.

 

Mnr Appie Maas het goedhartig ingestem om die HVHV op die HRF te verteenwoordig en so skakeling te bewerkstellig.