Meer oor ons

Konstitusie (Histories)

Vereniging Naam

Die naam van die Vereniging is Hartenbos Vakansiedorphuiseienaarsvereniging.

Uitleg

In hierdie konstitusie, tensy dit uit die samehang anders blyk, het die onderstaande begrippe die betekenisse daarteenoor aangedui:

ATKV

ATKV beteken die Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging (Vereniging Ingelyf kragtens Artikel 21), Registrasienommer 62/00006/08;

Erf

Erf beteken enige erf (behalwe ‘n erf wat aan die Vereniging behoort) binne die Vakansiedorpgebied.

Gesamentlike ruimtes

Gesamentlike ruimtes beteken grond binne die Vakansiedorpgebied wat geregistreer is op naam van die Vereniging; (Soos vereis deur die Munisipaliteit moet die strate en publieke oopruimtes op die naam van die Huiseienaarsvereniging geregistreer word welke vereniging die verantwoordelikheid aanvaar vir die instandhouding daarvan);

Konstitusie

Konstitusie beteken hierdie konstitusie met die ontwikkelingsriglyne as bylae;

Lid

Lid beteken ‘n persoon wat lid is van die Vereniging kragtens die bepalings van die Konstitusie;

Munisipaliteit

Munisipaliteit beteken die Munisipaliteit Groter Mosselbaai;

Persoon

Persoon sluit in ‘n maatskappy, ‘n beslote korporasie of ander regspersoon en ook ‘n klub, trust, vennootskap of ander vereniging van persone wat regtens die eienaar van enige erf mag wees;

Vakansiedorpgebied

Vakansiedorpgebied beteken alle eiendom wat ingesluit is in Sones 1 tot 7 wat ontstaan uit die onderverdeling van erwe 3, 1427, 194, 2872, 475, 11429, 202 en gedeelte van Erf 1 en bestaan hierdie Sones nou uit die volgende erwe geleë te Hartenbos in die munisipale gebied van Groter Mosselbaai;

Vakansiedorpgebied

Vakansiedorpgebied beteken alle eiendom wat ingesluit is in Sones 1 tot 7 wat ontstaan uit die onderverdeling van erwe 3, 1427, 194, 2872, 475, 11429, 202 en gedeelte van Erf 1 en bestaan hierdie Sones nou uit die volgende erwe geleë te Hartenbos in die munisipale gebied van Groter Mosselbaai;

Sone 1Erf 3193
Sone 2Erf 202
Sone 3Erf 3485
Sone 4Erf 3485
Sone 5Erf 3501
Sone 6Erf 3515
Sone 7Erf 3537

Vereniging beteken die Hartenbos Vakansiedorp- Huiseienaarsvereniging wat kragtens hierdie Konstitusie tot stand kom.

In hierdie Konstitusie sluit die manlike die vroulike en onsydige in, en omgekeerd.

Doelwitte

Die doelwitte van die Vereniging is om:

Die Vereniging het die bevoegdheid om enige handeling insidenteel tot, of ter bevordering van genoemde doelwitte te verrig, met inbegrip van die oplê van heffings op lede ter bestryding van koste.

Lede

Stigterslede

Nieteenstaande die verdere bepalings van hierdie Konstitusie en die feit dat die ATKV nie die eienaar is van ‘n erf nie bly die ATKV ad infinitum lid van die Vereniging.

Elke persoon wat eienaar is van ‘n erf is outomaties lid van die Vereniging en is gebonde aan die bepalings van die Konstitusie.

Geen verdere persoon word lid van die Vereniging nie behalwe kragtens

Elke lid is geregtig op 1 (een) stem met dien verstande dat ‘n lid wat meer as een erf op sy naam geregistreer het, geregtig is op ‘n addisionele stem per addisionele erf.

Elke regspersoon wat ‘n lid is, stel ‘n verteenwoordiger aan om namens hom op te tree, en so ‘n verteenwoordiger vervul alle funksies en oefen alle bevoegdhede van die betrokke lid uit.

Die stigterslede hou op om in daardie hoedanigheid lede te wees by die eerste algemene ledevergadering wat volg op die stigtingsvergadering.

‘n Persoon wat nie stigtigerslid is nie hou op om lid te wees wanneer hy nie meer die geregistreerde eienaar van ‘n erf is nie.”

Die vereniging bestaan uit 403 lede. Indien enige twee of meer erwe gekonsolideer word om een nuwe erf met ʼn unieke nommer te vorm sal die heffing op daardie erf bereken word op elke oorspronklike erf soos voor die konsolidasie.”

Bestuur

Die sake van die Vereniging word bestuur en beheer deur ‘n bestuurskomitee bestaande uit minstens drie komiteelede en hoogstens nege komiteelede, verkies tydens ‘n algemene ledevergadering deur ‘n gewone meerderheid van lede persoonlik aanwesig of deur ‘n gevolmagtigde verteenwoordig, vir ‘n tydperk van een jaar. (Dat drie lede van die eerste verkose komitee vir ‘n termyn van twee opeenvolgende jare sal dien terwyl die res van die komitee slegs een jaar sal dien).

Slegs iemand wat skriftelik as komiteelid genomineer en gesekondeer is en wat sy nominasie skriftelik aanvaar het, word as komiteelid verkies.

‘n Komiteelid moet ‘n lid van die Vereniging of die benoemde van ‘n lid wees.

Geen lid en geen benoemde van ‘n lid wie se heffings agterstallig is, mag as komiteelid verkies word nie.

Die bestuurskomitee kies uit sy eie geledere ‘n voorsitter, ‘n ondervoorsitter en ‘n sekretaris.

Bestuurskomiteelede se dienstermyn verstryk by elke algemene ledevergadering. Alle bestuurskomiteelede is herkiesbaar.

Indien daar gedurende enige diensjaar ‘n vakature op die bestuurskomitee sou ontstaan, kan die oorblywende komiteelede ‘n nuwe komiteelid aanstel, wat sal diens doen tot die volgende algemene ledevergadering.

Komiteelede ontvang geen besoldiging nie. Hul reiskoste en direkte uitgawes kan egter aan hulle vergoed word.

Werkswyse van bestuurskomitee

Die bestuurskomitee vergader so dikwels as wat nodig mag wees, maar minstens een keer elke ses maande.

Die bestuurskomitee hou ‘n bywoningsregister en notules van al sy besluite.

Helfte van die bestuurskomiteelede persoonlik teenwoordig, vorm ‘n kworum by ‘n bestuurskomiteevergadering.

Finansiële beheer

Die finansiële jaar van die Vereniging strek vanaf 1 Oktober tot 30 September van elke jaar.

Die algemene ledevergadering benoem jaarliks ‘n ouditeursfirma om as ouditeurs vir die Vereniging op te tree.

Die bestuurskomitee sien toe dat daar jaarliks ‘n stel geouditeerde rekeningkundige state vir die Vereniging voorberei word.

Ledevergaderings

Daar word jaarliks ‘n algemene ledevergadering gehou, nie later as drie maande na afloop van elke finansiële jaar nie.

Die eerste algemene ledevergadering word deur die ATKV byeengeroep voordat enige onroerende eiendom in die Vakansiedorpgebied oorgedra word.

Spesiale ledevergaderings word deur die bestuurskomitee op eie inisiatief of op skriftelike versoek deur minstens 10 lede belê.

Die bestuurskomitee moet kennisgewings van algemene en spesiale ledevergaderings minstens 21 (een-en-twintig) dae voor die datum van die vergaderings aan alle lede na hul jongsbekende adresse pos.

Die voorsitter van die bestuurskomitee of, in sy afwesigheid, die ondervoorsitter sit voor by alle ledevergaderings.

Ses lede persoonlik teenwoordig of deur ‘n gevolmagtigde vorm ‘n kworum by ‘n ledevergadering.

Stemming by ledevergaderings geskied op ‘n wyse wat die voorsitter mag bepaal. Besluite word geneem deur ‘n gewone meerderheid van alle lede wat persoonlik of deur ‘n gevolmagtigde teenwoordig is.

Slegs persone wat skriftelik daartoe gemagtig is, mag ‘n afwesige lid verteenwoordig. Volmagte moet nie later nie as die begin van enige ledevergadering by die voorsitter ingehandig word.

Die algemene ledevergadering besluit, met inagneming van hierbo, uit hoeveel komiteelede die bestuurskomitee bestaan.

Bevoegdhede

Die bestuur en administrasie van die Vereniging setel by die bestuurskomitee, wat bevoeg is om in alle sake namens die Vereniging op te tree.

Die bevoegdhede van die bestuurskomitee sluit in (maar is nie beperk nie tot) die volgende:

Regspersoonlikheid

Die Vereniging is ‘n regspersoon wat:

Verpligtinge van lede

Alle lede is:

Geen lid mag enige nuwe strukture oprig, of strukturele veranderings aan bestaande strukture op ‘n erf aanbring nie, behalwe:

Ontbinding

Die Vereniging word ontbind met die voorafverkreë skriftelike toestemming van die Munisipaliteit en

Ingeval van ‘n ontbinding is dit die plig van die bestuurskomitee of van iemand deur die bestuurskomitee daartoe gemagtig, om die Vereniging se bates ten gelde te maak, alle laste te delg en om die restant te verdeel tussen al die lede ooreenkomstig elkeen se stemreg.

Elke lid is verplig om R1,00 (een Rand) vir elke stem waaroor hy beskik, by te dra tot enige tekort wat daar mag wees.

Wysiging van Konstitusie

Hierdie Konstitusie mag alleenlik gewysig word op ‘n algemene lede- vergadering deur 50% + 1 van die lede teenwoordig en met die voorafverkreë skriftelike toestemming van die Munisipaliteit.

Jurisdiksie en Domicilium

Elke lid:

Ontwikkelingsriglyne vir Vakansiedorpgebied

NADEMAAL die Vakansiedorpgebied bestaande uit sones 1 tot en met 7 gestig is en nademaal die Hartenbos Vakansiedorp – Huiseienaarsvereniging tot stand gekom het, is die ontwikkelingsriglyne soos hierin uiteengesit van toepassing op die sewe sones.

Definisies

Alle begrippe gedefinieer in die Konstitusie waartoe hierdie ontwikkelingsriglyne ‘n bylae is, het dieselfde betekenis in hierdie ontwikkelingsriglyne.

Veranderings

Nuwe woonhuise en veranderings aan bestaande woonhuise moet voldoen aan die volgende:

Boulyne

Boulyne word as volg toegepas:

Oorskrydings van sy – en agterboulyne sal oorweeg word onder die volgende omstandighede:

In die geval waar ʼn bestaande huis gesloop word sal nuwe regulasies op die nuut opgerigte huis van toepassing wees.

Onderverdeling

Geen erf mag onderverdeel word anders as soos getoon op die amptelike kaarte van sones 1 tot en met 7 nie.

Parkering

Parkering vir minstens een motorvoertuig moet op elke erf voorsien word. Hierdie vereiste hoef nie nagekom te word nie vir solank as bestaande ontwikkeling op ‘n erf dit nie toelaat nie.

Gemeenskaplike gebiede

Alle eiendom binne die vakansiedorpgebied wat geregistreer is op naam van die Vereniging is gemeenskaplike ruimtes tot beskikking van alle eienaars van erwe vir toegang tot hul erwe.

Heinings

Geen heinings, skerm- of spermure mag opgerig word langs die grense of binne enige erwe nie. Ondanks bogenoemde mag die Vereniging heinings en toegangshekke aanbring met voorafverkreë skriftelike toestemming van die Munisipaliteit.

Dekking

Die maksimum dekking van strukture is 66% van die erfoppervlakte.

Hoogte

Die maksimum hoogte van geboue is twee verdiepings of 7.5 meter nokhoogte afhangend van wat die mees beperkendste is. Die maksimum hoogte van geboue is Terrein 194 no’s 1 tot 7 en 32 tot 34 is enkelverdieping of 4.5 meter nokhoogte afhangend van wat die mees beperkendste is.

Bestaande geboue

Bestaande strukture mag behou word, selfs al word daar nie voldoen aan hierdie riglyne nie. Geen aanbouings mag egter strydig met hierdie riglyne geskied nie. Indien ‘n bestaande gebou afgebreek word, moet enige nuwe gebou op die erf aan hierdie riglyne voldoen.